Dit is regtig eenvoudig:
Die planet aarde groei nie.
Maar die mens hou aan vermenigvuldig.

Dit beteken:
Minder van alles vir elkeen.
Minder plek vir plante en diere.

Hoe harder ons sukkel om die lug, water, woude en wild te beskerm hoe vinniger word al ons pogings opgeëet deur die vinnig groeiende aantal mense.

Die stryd om hulpbronne het reeds begin en tog word die hoofoorsaak van ons probleem verwaarloos deur meeste en selfs ontken deur sommiges.

Kan
Homo sapiens sy eie perke stel ?

Of is sy intelligensie skaars genoeg om sy maag en sakke te vul, en om alle ander vorms van lewe te misplaas ??

Sal ons eindig in `n donker grys wêreld van armoede, gif, honger en dood ??

Daar is slegs een weg uit: stop oorbevolking!